landbousektor voorsorgfonds
voorsorgfonds | plaas arbeiders| landbou voorsorgfonds| landbousektor voorsorgfondsHome - Provident Funds - Small Business Fund -Domestic Workers Fund - Absa Landbousektor Voorsorgfonds
‘N UNIEKE VOORSORGFONDS VIR DIE LANDBOUSEKTOR GEADMINISTREER DEUR ABSA KONSULTANTE EN AKTUARISSE

Die unieke Voorsorgfonds wat
aftree- uitdienstrede-, sterfte- en begrafnisvoordele
bied aan plaasarbeiders en ander werknemers
in die Landbousektor in 'n enkele pakket.
Absa Konsultante en Aktuarisse in samewerking met georganiseerde landbou, bied ‘n Voorsorgfonds aan wat deelnemende werkgewers in staat stel om aftree-en risikovoordele aan werknemers te bied. Hierdie fonds se administrasie, advies en aktuariële diens word gedoen deur Absa Konsultante en Aktuarisse, en die bestuur van die fonds word gedoen deur ‘n Raad van Trustees, met verteenwoordiging deur Absa, AGRI SA, LWO, TLU, asook onafhanklike Trustees.
Voordele vir die Werkgewer en sy Werknemers
- ‘n Enkel bydrae dek die totale voordeelpakket.
- Die aanspreeklikheid van die werkgewer ten opsigte van sy werknemers word aansienlik verlig.
- Dit bied gemoedsrus aan werknemers.
- Die opgelope voordele van lede is oordraagbaar vanaf een werkgewer na die volgende.
Sterftevoordeel
By afsterwe van die lid sal die sterfte- en begrafnisvoordeel volgens die gekose plan aan die lid se afhanklikes betaal word. Die totale waarde van die lid se spaarkomponent soos op die dag van afsterwe word ook aan die lid se afhanklikes betaal in ‘n kontant enkelbedrag (onderhewig aan belasting).
Aftreevoordele
By aftrede sal die lid geregtig wees op die totale waarde van sy/haar spaarkomponent soos op die dag van aftrede. Hierdie waarde sal in ‘n kontant enkelbedrag uitbetaal word (onderhewig aan belasting). Die lid kan op enige stadium tussen 55 jaar en 70 jaar aftree.
Indien geen eisvorms ontvang word nie, sal die geld na die onopgeëiste rekening oorgeplaas word.
Uitdienstredingsvoordeel
By diens verlating voor aftrede, sal die lid geregtig wees op die totale waarde van sy/haar spaarkomponent soos op die laaste dag van diens. Hierdie waarde sal in ‘n kontant enkelbedrag uitbetaal word (onderhewig aan belasting). Die lid word ook die keuse gebied om die totale waarde van sy/haar spaarkomponent oor te plaas na ‘n nuwe deelnemende werkgewer in die fonds of om die totale waarde na ‘n bewaringsfonds oor te plaas. Op versoek van die lid, mag die waarde ook in die fonds gelaat word tot bereiking van die normale aftree ouderdom.
Indien geen eisvorms ontvang word nie, sal die geld na die onopgeëiste rekening oorgeplaas word.
ander voordele
- Lidmaatskap
Elke werkgewer besluit tot watter plan hy of sy wil behoort. - Belasting
Die versekerde sterfte- en begrafnisvoordeel word onder ‘n aparte skema verseker en hierdie premie word met na-belaste geld betaal. - Administrasie
Die fonds word deur ABSA Konsultante en Aktuarisse geadministreer en jaarliks deur onafhanklike ouditeure geoudit. - Beleggings
Die gedeelte van bydraes wat beskikbaar is vir aftreebefondsing (spaarkomponent) word in toepaslike portefeuljes van welbekende beleggingsbestuurders belê om te verseker dat lede se spaarkomponent blootgestel word aan groei, met beperkte risiko’s. - Eienaarskap
Elke werknemer is dus eienaar van sy/haar eie beleggingsrekening. - Voordeelstruktuur Ten einde voorsiening te maak vir verskillende behoeftes, word verskillende voordeelplanne aangebied.
Kliek hier vir meer inligting: Absa Landbousektorale Voorsorgfonds
nuwe planne op Absa Landbousektorale voorsorgfonds vanaf 1 Maart 2010 tot 28 februarIE 2011
Voorsorgfonds
Sterftedekking plus Begrafnisdekking met Spaar |
|||||||||
| Pakket | Plan A |
Plan B |
Plan C |
Plan D |
Plan E |
Plan F |
Plan G |
Plan H |
Plan I |
| Bydrae | R82.00 |
R84.00 |
R100.00 |
R114.00 |
R130.00 |
R144.00 |
R226.00 |
R260.00 |
R486.00 |
| Stertedekking en Begrafnisdekking: Lid | - |
R7 500 |
R10 000 |
R12 500 |
R15 000 |
R17 500 |
R25 000 |
R32 500 |
R65 000 |
| Begrafnisdekking: Gade | - |
R5 000 |
R5 000 |
R7 500 |
R10 000 |
R10 000 |
R10 000 |
R12 500 |
R15 000 |
| Begrafnisdekking: Kind 14-21jaar | - |
R5 000 |
R5 000 |
R7 500 |
R10 000 |
R10 000 |
R10 000 |
R12 500 |
R15 000 |
| Begrafnisdekking: Kind 6-13 jaar | - |
R2 500 |
R2 500 |
R3 750 |
R5 000 |
R5 000 |
R5 000 |
R6 250 |
R7 500 |
| Begrafnisdekking : Kind 0-5 jaar | - |
R1 250 |
R1 250 |
R1 875 |
R2 500 |
R2 500 |
R2 500 |
R3 125 |
R3 750 |
| Totale Kostes | R12.40 |
R39.00 |
R44.87 |
R52.62 |
R60.37 |
R66.25 |
R83.87 |
R103.37 |
R181.62 |
| Netto aftree voorsiening | R69.60 |
R45.00 |
R55.13 |
R61.38 |
R69.63 |
R77.75 |
R142.13 |
R156.63 |
R304.38 |
Opmerkings:
Bogenoemde planne word op 'n groep basis aangebied en derhalwe is die volgende punte van belang:
1. Die Lede van ;n deelnemende werkgewer mag individueel kies of hulle aan Plan A tot I binne die Voorsorgfonds wil behoort.
2. Lede wat aan Plan H of I behoort moet 'n minimum salaris van R30 000 per jaar verdien.
3. Bogenoemde Voorsorgfonds verteenwoordig verpligte skemas, wat beteken dat alle werknemers van die deelnemende werkgewer moet deelneem.
Tydens aanvang mag sekere lede moontlik kies om nie deel van die skema te wees nie, maar daarna moet ALLE nuut aangestelde werknemers aan die skema behoort.
ek wil dié tabel druk
Kliek hier vir meer inligting: Absa Landbousektorale Voorsorgfonds
Go back to top| Go back to the homepage





